Onsterflikheid

Adam en Eva word veroordeel tot sterflikheid deur uitdrywing uit die Paradys (Hans Holbein die Jonge, 16de eeu).

Onsterflikheid dui op die ewige lewe, sonder die dood, en dus 'n oneindige bestaan. Menslike onsterflikheid kan letterlik én figuurlik opgeneem word. In 'n figuurlike sin beteken dit dat 'n mens voortleef in die herinnering van die lewendes, byvoorbeeld as geliefde vriend of familielid, of as iemand wat grootse dade verrig het. In die meeste gevalle het die term 'n positiewe betekenis.

Onsterflikheid in die letterlike sin speel 'n belangrike rol in alle godsdienste. In dié geval gaan dit dikwels om die onsterflike siel wat ná die dood in 'n hiernamaals voortbestaan.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search